vrijdag 19 november 2021

Elisabeth Eybers, Uitsig op die kade

UITSIG OP DIE KADE


Nouliks vertolkbaar wat hulle my vertel,
spreeus, eksters, meeue, eende, kraaie al
die ywerige dagloners van die wal,
die reier so afgetrokke opgestel.

Ek mis myself steeds minder. Ek bedoel:
as steeds meer buitedinge my gaan boei
dan sintels van inwendige gevoel
tintel dit of ek selfafstotend groei.

Vermindering neem waarneembaar toe. Ek hoop
om te voldoen aan omgekeerde bloei
en leeg genoeg te loop om vol te loop
met wat vanuit hierbuite binnevloei.

Elisabeth Eybers (1915-2007)
Uitsig op de kade komt uit de bundel Respijt, van 1993. 

Gaan jou gang

Winter, ek weet wat jy beoog
om die vog uit my liggaam te wring
wat in weerwil van al jou pogings
tot dusver die dans kon ontspring...

Gaan jou gang: hoe berooider die lewe
voor die onherroeplike rus
hoe gewigloser leer mens dan swewe,
van afstand meeslepend bewus.

Die verlede is al wat ek het
as leerboek vir die begrip
van dinge terloops opgelet
en des kades daarná aangestip.

Die einde verwek die begin,
allereerste bevindinge bly
- ongeag wat jy nog mag versin -
my tot op die laaste by.


Geen opmerkingen:

Een reactie posten